# ’n Regter van Wisconsin verskyn vandag in ’n federale hof op aanklagte dat sy ’n migrant gehelp het om arrestasie in haar hof te ontduik. Dit volg te midde van President Donald Trump se streng optrede teen immigrasie. Volgens Reuters word Hannah Dugan, ’n verkose regter in die Milwaukee-distrik, aangekla van regsverydeling en die wegsteek van ’n persoon. Aanklaers beweer sy het probeer om die inhegtenisneming te kelder deur federale speurders van die gang buite haar hof weg te lei en die migrant, geïdentifiseer as Eduardo Flores-Ruiz, deur ’n privaat uitgang te begelei.
Wisconsin regter in hof op aanklagte dat sy ‘n immigrant help om inhegtenisneming te ontduik