Skip to content

Winde sê bekendmaking van verslag oor George-gebou kan suksesvolle vervolging kniehalter

# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, se kantoor sê die bekendmaking van die ondersoekverslag na die ineenstorting van die gebou in George kan polisiewerk belemmer. Die provinsie het ‘n onafhanklike ondersoek laat instel nadat die vyfverdiepinggebou in Mei verlede jaar ingetuimel en 34 lewens geëis het. Winde se kantoor sê hy verstaan die publiek se belangstelling in die tragedie, maar as verantwoordelike regering mag hy niks doen wat suksesvolle vervolging in gedrang sal bring nie.