Skip to content

WGO verwelkom nuwe toetse vir behandeling en wêreld se eerste entstof vir DRK se grootste Ebola-uitbraak

# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê vordering word gemaak vir beter behandeling en die wêreld se eerste entstof vir die Bundibugyo-stam van Ebola. Drieduisend-748 gevalle, insluitend eenduisend-657 sterftes, is aangeteken in die grootste Ebola-uitbraak ooit in die Demokratiese Republiek die Kongo. Kliniese toetse met medisyne en behandelingsmoontlikhede word in die middelpunt van die uitbraak in die Ituri-provinsie uitgevoer. Die WGO sê toetse vir ‘n moontlike stamspesifieke entstof vir Bundibugyo het verlede maand in die Verenigde Koninkryk begin, met ‘n tweede wat hierdie week in Kanada begin het.