# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku wanvoeding in Gaza neem ernstige afmetings aan en sê doelbewuste blokkering en vertragings kos baie lewens. Israel, Jordanië en die Verenigde Arabiese Emirate het die naweek per lug hulp in Gaza gelewer. Humanitêre groepe veroordeel dit egter as duur, ondoeltreffend en gevaarlik. Die WGO sê 74 hongersnoodsterftes is in 2025 aangemeld waarvan 63 in Julie was. Hiervan was 24 kinders jonger as vyf. Die organisasie herhaal sy oproep vir ʼn skietstilstand en volgehoue hulp aan Gaza.
WGO waarsku dat wanvoeding-trajek in Gaza gevaarlik raak