# Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda verklaar as noodsituasie vir openbare gesondheid wat internasionaal kommer wek. In die DRK se oostelike Ituri-provinsie is sowat 246 vermeende gevalle en 80 sterftes aangeteken. In Uganda is twee bevestigde gevalle, insluitend een sterfte, in die hoofstad Kampala aangemeld. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, waarsku daar is tans groot onsekerheid oor die ware getal mense wat besmet is, asook die uitbreking se geografiese verspreiding.
WGO verklaar Ebola-uitbreking in DRK en Uganda as openbare noodsituasie wat internasionaal kommer wek