# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê sy vermoë om doeltreffend op te tree teen die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda word deur ʼn oorkoepelende reisverbod belemmer. Amerika, Bahrein, Mexiko en ander lande het reisbeperkings ingestel terwyl Kanada 21 dae kwarantyn vereis vir alle reisigers uit die DRK. Sowat 300 bevestigde Ebola-gevalle en meer as 60 sterftes is aangemeld. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hoë vlakke van wantroue in gemeenskappe en lae kontak-opsporing wek kommer.
WGO sê ’n reisverbod kniehalter optrede teen Ebola in die DRK en Uganda