# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die eskalasie van vyandelikhede tussen Israel en Iran plaas gesondheidsfasiliteite en toegang tot gesondheidsorg in gevaar. ‘n Nuwe vlaag Iranse missiele het Israel gister getref, met die Soroka Mediese Sentrum in Beersheba wat deurgeloop het en meer as 70 mense is beseer. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, doen ‘n beroep op alle partye om gesondheidsfasiliteite, gesondheidspersoneel en pasiënte te alle tye te beskerm. Hy sê die beste medisyne is vrede.
WGO-hoof veroordeel aanvalle op gesondheidsfasiliteite in die Israel-Iran-konflik