# ‘n Grondwaterwetenskaplike, Surina Esterhuyse, sê die Departement van Water en Sanitasie se voorgestelde regulasies is ‘n belangrike stap om oorbenutting en besoedeling te bekamp. Die konsepreëls sal boorgat-registrasie, watermonitering en strenger boorstandaarde vereis. Esterhuyse waarsku egter die departement kan nie klimaat-gevare aanpak namate Suid-Afrika warmer en droër word nie. Sy skryf in ‘n meningsartikel op Money Web namate die vraag na water toeneem, word grondwater dikwels as ‘n toeganklike watervoorsieningskeuse beskou. Sy waarsku bevolkingsgroei en verstedeliking verhoog hierdie druk.
Wetenskaplike sê voorgestelde grondwaterregulasies behoort oorbenutting en besoedeling te voorkom