Skip to content

Wetenskap-akademie vra sterker KI-beleidsraamwerk

# Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sê die terugtrekking van die konsep-beleid oor Kunsmatige Intelligensie bied ‘n geleentheid om ‘n meer geloofwaardige raamwerk vir KI-bestuur te ontwikkel. Die konsep is in April teruggetrek nadat opgemaakte bronne in die verwysings ontdek is. Die akademie sê die voorval beklemtoon ‘n behoefte aan deursigtigheid, kundige toesig en streng nakomingstoetse van KI-gegenereerde inhoud. Die akademie vra ‘n bewysgebaseerde beleidsproses wat aanspreeklikheid, openbare vertroue, digitale geletterdheid en inklusiewe KI-ontwikkeling bevorder om Suid-Afrika se groei te ondersteun.