# Wes-Kaapse toerisme het in 2025 byna 26-miljard-rand uit internasionale besoekers verdien, wat ‘n kwart van Suid-Afrika se totale internasionale toerisme-inkomste uitmaak. Volgens data van Suid-Afrikaanse Toerisme het aankomste met 11,1-persent toegeneem, terwyl binnelandse reise ook sterk groei getoon het. Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die sektor skep beduidende werksgeleenthede in die provinsie en ondersteun gemeenskappe en klein ondernemings:
Wes-Kaapse toerisme-oplewing verdien R26-miljard en help met werkskepping [KLANK]
AFR MeyerOnJobs