# Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk duur voort nadat onlangse hewige storms tot wydverspreide skade regoor die provinsie gelei het. Eskom berig ongeveer 70-persent van die nege-duisend aangemelde elektrisiteitsfoute is herstel, maar daar bly uitdagings in vloedgeteisterde en afgeleë bergagtige gebiede. Meer as die helfte van die 400 beskadigde paaie is reeds herstel. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê humanitêre hulppogings duur ook voort. Hy het inwoners gevra om geduldig bly terwyl die werk aan die gang is.
Wes-Kaapse regering vra vir geduld terwyl herstelwerk na hewige storms voortduur