# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur het die periodieke instandhoudingsprojek op drie paaie naby Wellington en Malmesbury voltooi. Die 16 maande lange projek van 95,5-miljoen-rand het die hergruising van geërodeerde padskouers, remediërende werk aan strukture en die installering van ondergrondse dreine ingesluit. Die departement se woordvoerder, Jandré Bakker, sê hulle het 15-duisend werkersdae se werk geskep teenoor ‘n teiken van sesduisend-425. Hy voeg by dat periodieke instandhouding ‘n belangrike deel van die departement se strategie is om die lewensduur van die padnetwerk te verleng:
Wes-Kaapse regering voltooi paaieonderhoudsprojek in Wellington en Malmesbury [KLANK]
AFR BotesOnRoads