Skip to content

Wes-Kaapse regering versoek minibus-taxiverenigings om sinvol te onderhandel [KLANK]

# Die regering van die Wes-Kaap het die taxivereniging CATA en Codeta versoek om terug te keer na die onderhandelingstafel. Dit is om die onlangse geweld en ontwrigtings op die M18-roete na Somerset-Wes onder die loep te neem. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê die voortdurende dooiepunt het verreikende gevolge vir die bedryf se groei, volhoubaarheid en mededingendheid. Hy sê al die partye moet hul verskille opsyskuif en moet sinvolle samesprekings voer:

ENG SilekuOnTaxiNegotiations