# Die Wes-Kaapse regering vra inwoners om uiters versigtig te wees namate die koue en nat winterweer voortduur. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê rampbestuurspanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en plaaslike munisipaliteite is gereed om te reageer. Bredell waarsku oorstromings hou ‘n ernstige bedreiging in, veral nadat ‘n jong vrou verlede week in Slanghoek verdrink het. Hy voeg by openbare samewerking is die sleutel tot veiligheid tydens die winter.
Wes-Kaapse regering versoek inwoners om veilig te bly in winterweer