Skip to content

Wes-Kaapse regering stel plan bekend om basiese dienste vir armlastige huishoudings te verbeter

# Die Wes-Kaapse Departement van Plaaslike Regering het ‘n plan onthul wat daarop gemik is om basiese dienste vir armlastige huishoudings te verbeter. Gegrond op ‘n studie oor  sy bygewerkte dienspakket, word meer gratis water- en elektrisiteit voorsien, met internettoegang wat as ‘n noodsaaklike diens erken word. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê verdere gesprekke word gevoer voor finale fase aangepak word, om te verseker die veranderinge is bekostigbaar en volhoubaar.