Skip to content

Wes-Kaapse regering brei gratis vervoerprogram uit na werksoekers in George

# Die Wes-Kaapse regering het, in vennootskap met Go George, ‘n werksoeker-reiskoeponprogram in George van stapel gestuur wat daarop gemik is om werklose inwoners te help om toegang tot werksgeleenthede te verkry. Die inisiatief bied gratis busvervoer vir mense wat onderhoude bywoon, CV’s indien en werk soek. Die program, wat sedert 2024 reeds meer as 24-duisend mense in Kaapstad gehelp het, is bedoel om vervoerhindernisse te verwyder en toegang tot werksgeleenthede vir werklose inwoners in die gebied te verbeter.