Skip to content

Wes-Kaapse polisie bied beloning aan na skietery by Mfuleni-taxistaanplek [KLANK]

# Speurders van die polisie se Wes-Kaapse provinsiale taxigeweld-eenheid bied ‘n beloning van 100-duisend-rand aan vir enigiemand wat inligting kan verskaf oor die skietery by die Mfuleni-taxistaanplek in die Kaapse Vlakte Vrydagoggend. Die polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê vier mense is doodgeskiet en drie gewond toe twee gewapende mans ‘n kantoortjie by die staanplek ingebars en losgebrand het. Sy sê een van die beseerdes is vermoedelik ‘n pendelaar:

ENG NovelaonTaxiViolence