# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku werksoekers teen vals aanlyn advertensies vir onderwysposte en poste as eksamenassistente. Een vals advertensie beweer werklose jongmense kan agt-duisend-230-rand verdien deur in Desember matriekeksamenvraestelle na te sien. Millicent Merton van die Departement doen ‘n beroep op werksoekers om vakatures deur amptelike kanale te verifieer, en waarsku die departement sal nooit van aansoekers vereis om vir werksaansoeke of onderhoude te betaal nie:
Wes-Kaapse Onderwysdepartement waarsku teen vals advertensies vir onderwys- en eksamenvakatures [KLANK]
AFR MertonOnFakeAdverts