Skip to content

Wes-Kaapse LUR moedig raadslede aan om plaaslike ekonomiese groei te bevorder

# Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, sê sterk plaaslike leierskap is die sleutel om ekonomiese groei aan te wakker en werksgeleenthede te skep. Meyer het by ‘n opleidingswerkswinkel vir plaaslike regering in die Paarl gesê raadslede speel ‘n belangrike rol om beleggings te lok, om ondernemings te ondersteun en ontwikkeling te dryf. Die werkswinkel, wat deur meer as 100 raadslede en burgemeesters bygewoon is, het ook die behoefte beklemtoon om burokrasie te verminder, in infrastruktuur te belê en entrepreneurs te ondersteun om ekonomiese groei en werkgeleenthede te bevorder.