# Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikelingsbeplanning van die Wes-Kaap, Anton Bredell, moedig boere en inwoners aan om damme te inspekteer en enige tekens van oorstroming aan te meld terwyl swaar reën steeds die provinsie teister. Die oproep volg na die Suid-Afrikaanse Weerdiens ‘n vlak vier waarskuwing vir ontwrigtende reënval en ‘n vlak twee-waarskuwing vir kusgolwe, geldig tot Sondag, uitgereik het. Bredell sê die grond is deurweek na die onlangse reënval, wat die risiko vir vloede verhoog en die infrastruktuur beproef.