# Die Wes-Kaapse Onderwys-LUR, Jaco Londt, sê leerdervervoer-dienste hervat vandag na opbouende onderhandelings met die Suid-Afrikaanse nasionale raad vir operateurs van klein busse. Die raad het gister op die eerste dag van die vierde kwartaal bedrywighede opgeskort en 21-duisend-934 leerders gestrand gelaat. Die raad sê dis weens die afwesigheid van ʼn sinvolle reaksie deur die departement oor die dringende finansiële krisis van leerdervervoer-operateurs. Londt sê die huidige ekonomiese klimaat, met hoë brandstofpryse, maak ʼn volhoubare sakemodel vir vervoeroperateurs byna onmoontlik:
Wes-Kaapse leerdervervoer-bedrywighede hervat vandag na positiewe onderhandelings [KLANK]
ENG LondtONOperations