# Die Wes-Kaapse regering sê hy het die gekoördineerde humanitêre repatriasie om buitelandse burgers te help wat vrywillig na hul geboortelande wou terugkeer, suksesvol voltooi. Die repatriasie het gevolg na omvattende verifiëring, registrasie en logistieke beplanning deur die Departement van Binnelandse Sake en sy ondersteunende vennote. Premier Alan Winde sê die tydelike geriewe wat vir die operasie beskikbaar gestel is, is nou afgetakel. Hy sê munisipaliteite sal geen verdere vervoerlogistiek vir die repatriasie van buitelandse burgers verskaf nie:
Wes-Kaap voltooi vrywillige repatriasie van buitelandse burgers suksesvol [KLANK]
ENG WindeONRepatriation