Skip to content

Wes-Kaap stel jeug-veiligheidsprogram bekend

# Die Wes-Kaapse regering het die Planet Youth-program in Mitchells Plain van stapel gestuur om veiliger en gesonder omgewings vir jongmense te skep. Die inisiatief bevorder dialoog met gesinne, onderwysers en versorgers en is geskoei op anonieme terugvoer in die die Planet Youth 2025-opname onder graad 8- en 9-leerders vir gebiedspesifieke veiligheidstrategieë. Die LUR vir Gesondheid, Mireille Wenger, sê 130 skole is by die program betrokke en meer as 50-duisend leerders is ondervra. Die data sal help om pasgemaakte reaksie vir elke gemeenskap in hoëmisdaadgebiede te vorm.