Skip to content

Wes-Kaap stel fase 2 van sy reisbewysprogram vir werksoekers bekend

# Die Wes-Kaapse regering stel vandag fase 2 van sy reisbewysprogram vir mense wat werk soek in Mitchell’s Plain bekend. Die projek is vir die eerste keer in Februarie verlede jaar ingestel en bied aan werksoekers in Kaapstad gratis reisbewyse vir Golden Arrow se busdiens. Die provinsiale regering sê die projek is gemik om die probleem van vervoerkoste uit die weg te ruim vir werksoekers wanneer hulle vir onderhoude gaan en werksgeleenthede soek.