# Die Wes-Kaap se Departement van Mobiliteit sê hy is besig om nuwe lewe te blaas in vragvervoer per spoor langs een van die provinsie se belangrikste landboukorridors. Dit volg op die onlangse bekendstelling van die Overberg-vragspoorprojek in Bredasdorp. Die inisiatief hoop om die Caledon-landbousentrum weer met die Belcon-binnelandse terminaal en die hawe van Kaapstad te verbind. Die LUR, Issac Sileku, sê dié korridor hanteer jaarliks 8,9-miljoen ton vrag, byna geheel en al van padvervoer, waarvan 99,8-persent wat per vragmotor vervoer word en slegs 0,2 persent per spoor.
Wes-Kaap se departement van Mobiliteit laat spoorvervoer herleef langs belangrike landbou-korridor