# Die Regering van die Wes-Kaap het meer as 15-miljoen-rand belê in ondersteuningsingrypings vir die Knysna Munisipaliteit, wat daarop gemik is om dienslewering te verbeter. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê die befondsing word gebruik om sleuteldienste, insluitend watervoorsiening, afvalbestuur en padinfrastruktuur, te versterk. Volgens Bredell het uitdagings in munisipale leierskap en administrasie die algehele verbeterings vertraag. Hy het bygevoeg die watervoorsiening is tans bestendig, terwyl werk voortduur om infrastruktuurprobleme op te los en diensleweringsagterstande aan te spreek.
Wes-Kaap-regering belê meer as R15-miljoen om Knysna se dienslewering te bestendig