Skip to content

Wes-Kaap N7-opgradering vir R797-miljoen op koers vir voltooing in Maart 2027

# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê werk vorder goed aan die opgradering van die N7 noord vn Kaapstad en die projek ter waarde van 797-miljoen-rand sal na verwagting in Maart volgende jaar voltooi wees. Die projek sluit ‘n nuwe pad van vyf kilometer en ses brûe in om padveiligheid en verkeersvloei te verbeter, terwyl die roete terselfdertyd tot op die vlak van ’n snelweg opgegradeer word. Tot dusver is 394 werksgeleenthede geskep wat die aanvanklike teiken oortref het en meer as 131-miljoen-rand is aan geteikende ondernemings bestee.