Skip to content

Wes-Kaap begin strategie om vloedskade te herstel

# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê hy het met ʼn reaksiestrategie begin om vloedskade in talle distriksmunisipaliteite te herstel en dit sluit meer as tien bouprojekte in. Een van hierdie projekte is die Sewe Passe-weg in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit wat in November 2021 tydens storms weggespoel het. Die departement sê die huidige kosteberaming om vloedskade in die provinsie te herstel, beloop 53,4-miljoen-rand, en dit behoort binne 18 maande klaar te wees.