# Wêreldleiers het Robert Prevost geluk gewens met sy verkiesing as die nuwe pous. Die 69-jarige Pous Leo die 14de is die eerste Amerikaanse pous. Die Franse president Emmanuel Macron sê hy hoop die nuwe ampstermyn is een van vrede en hoop. Die Oekraïense president Volodymir Zelensky sê hy hoop op die voortgesette morele en geestelike ondersteuning van die Vatikaan in sy land se pogings om geregtigheid te herstel en ‘n blywende vrede te bewerkstellig. Die Russiese president Vladimir Putin het die nuwe pous sukses toegewens in die vervulling van die hoë sending wat aan hom toevertrou is.
Wêreldleiers wens die nuwe hoof van die Katolieke Kerk geluk