Skip to content

Wêreldhof samel bewyse in van massamoorde, verkragtings en ander misdade in El-Fasher

# Aanklaers by die Internasionale Geregshof samel bewyse in van vermeende massamoorde, verkragting as oorlogswapen, ontvoerings en ander misdade in die Soedanse stad El-Fasher. Die misdade is na bewering gepleeg tydens Rapid Support Forces-aanvalle in El-Fasher. Die aanklaers beskryf die gruweldade as deel van ‘n breër patroon van geweld wat die hele Darfoer-streek teister. Hulle sê dit kan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom wees.