# Die wêreld se hoogste spoorwegbrug oor ‘n vallei is in Kasjmir deur die Indiese premier Narenda Modi geopen. Dit was Modi se eerste besoek aan Kasjmir wat deur Indië bestuur word, sedert ‘n kortstondige dodelike konflik tussen Indië en Pakistan in April. Die Chenab-boogbrug is 359 meter bo die rivier en 29 meter hoër as die bopunt van die Eiffeltoring. Die brug is deel van die eerste spoorwegverbinding tussen Kasjmir en die res van Indië. Modi se regering het miljarde belê in sy visie om die land teen 2047 in ‘n ontwikkelde nasie te omskep.
Wêreld se hoogste spoorwegbrug in konflikgeteisterde Kasjmir geopen