#’n Nuwe verslag van die Wêreld Weerkunde-organisasie waarsku temperature gaan wêreldwyd waarskynlik aanhou styg, met ‘n 80-persent kans dat ten minste een jaar tussen nou en 2029 nog warmer gaan wees. Die organisasie voorspel dat die gemiddelde verwarming vir 2015 tot 2034 sowat 1,44 grade Celsius meer sal wees as voor nywerheidsvlakke. Daar bestaan ‘n 70-persent kans dat die jaargemiddeld die vlak van 1,5-grade Celsius sal oorskry. Die organisasie sê skerp stygings is waarskuwingstekens van ‘n versnelde klimaatskrisis.
Wêreld Weerkunde-organisasie waarsku temperature gaan waarskynlik aanhou styg