Skip to content

Wedloop teen tyd om vasgekeerde kinders uit ineengestorte skool in Indonesië te red, drie reeds dood

# Reddingswerkers in Oos-Java, Indonesië, is in ‘n verbete stryd om 38 mense te vind wat vermoedelik vasgekeer is in die puin van ‘n skoolgebou wat Maandag ineengestort het. Beamptes sê drie studente is dood en 99 ander is in die hopitaal, sommige met kritieke beserings, terwyl die dodetal na verwagting sal styg. Baie van die vasgekeerdes is tienerseuns wat vir gebede byeengekom het. Volgens berigte het die tweeverdiepinggebou ‘n onstabiele fondasie gehad wat nie die gewig kon dra van nog twee vloere vloere wat in aanbou was nie.