# Die Departement van Water en Sanitasie waarsku lekkende pype, stygende vraag en onvoldoende munisipale belegging in infrastruktuur vererger die waterkrisis. Direkteur-generaal Sean Phillips, het op ‘n Waternavorsingskommissie-geleentheid gesê 47-persent van die water in Gauteng gaan verlore of word nie verreken nie, met die syfer wat in eThekwini op 60-persent staan. Hy sê 74-persent van waterdienste-owerhede is as kritiek of swak beoordeel, en waarsku klimaatsverandering en bevolkingsgroei sal nog druk op watervoorraad plaas. Phillips vra owerhede om lekkasies dringend te herstel, infrastruktuur beter te onderhou en waterbesparingsmaatreëls te verskerp.
Waterdepartement waarsku waterkrisis vererger deur lekkasies en swak infrastruktuur