Skip to content

Waarnemende Polisieminister sê ondersoek na vermeende sluipmoordpoging op Mashatile is afgehandel

# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die ondersoek na die vermeende sluipmoordpoging op adjunkpresident Paul Mashatile is afgehandel. Die ondersoek is uitgevoer deur die polisie se Misdaadintelligensie-afdeling en die Staatsveiligheidsagentskap. Op 30 Maart is talle skote op Mashatile se voertuig afgevuur terwyl hy op pad was van ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Johannesburg. Cachalia het op ʼn parlementêre vraag van die EFF gesê enige vordering sal gerapporteer word, onderworpe aan die klassifisering van die ondersoek se bevindings.