# Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies, Deidré Baartman, het onthul dat vyf munisipaliteite in die provinsie Eskom saam meer as 200-miljoen-rand skuld. Dit skuldiges is Matzikama, Cederberg, Theewaterskloof, Kannaland en Beaufort-Wes. Baartman sê die Nasionale Tesourie het bevestig dat vier van hierdie munisipaliteite voldoen aan die voorwaardes van die Munisipale Skuldverligtingsprogram. Sy sê dit beteken 93,1-miljoen-rand van hierdie skuld sal afgeskryf word. Baartman voeg by die provinsiale tesourie hou die nakoming van die program se voorwaardes maandeliks dop.
Vyf Wes-Kaapse munisipaliteite skuld Eskom meer as R200-miljoen