# Die Oos-Kaapse polisie ondervra vyf verdagtes nadat ‘n 18-jarige graad 12-leerder van Humansdorp High School vanoggend met ‘n mes doodgesteek is. ‘n Polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê tydens ‘n aggressiewe woordewisseling tussen leerders is een leerder gewond en op die toneel dood verklaar. Nkohli het bevestig ondersoeke is aan die gang met die polisie wat die omstandighede rondom die voorval probeer bepaal.
Vyf verdagtes ondervra ná dood van graad 12-leerder in Humansdorp