Skip to content

Tennis: Vyf van die wêreld se top tien-spelers neem deel aan die Six Kings Slam

# Tennis: Vyf van die wêreld se top tien-mans neem van môre deel aan ‘n winsgewende vertoon-toernooi in Saoedi-Arabië – die sogenaamde Six Kings Slam. Die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Italianer Jannik Sinner, die Duitser Alexander Zverev, Novak Djokovic van Serwië, die Amerikaner Taylor Fritz, asook die wêreld-nommer-25, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, ding mee om yslike prysgeld van 78-miljoen-rand. Volgens berigte sal sommige van die spelers ook enorme bedrae ontvang om deel te neem. Sinner het Alcaraz in verlede jaar se eindstryd geklop.