Skip to content

Vyf joernaliste van Al Jazeera sterf in Israelse lugaanval in Gaza

# Vyf joernaliste van Al Jazeera is dood in ‘n Israelse lugaanval naby die Al-Shifa-hospitaal in Gazastad. Anas al-Sharif, een van Al Jazeera se bekendste gesigte in Gaza, Mohammed Qreiqeh en drie kameramanne was in ‘n tent vir joernaliste by die hospitaal se hoofhek toe dit geteiken is. Die Israelse Weermag het die aanval bevestig en voer aan Al-Sharif was die hoof van ‘n terroristesel in Hamas. Al Jazeera sê die berekende sluipmoord is net nog ‘n blatante en voorbedagte aanval op persvryheid.