Skip to content

VSA wil vordering sien in eerste vredesamesprekings tussen Rusland en Oekraïne in nege maande

# Russiese, Oekraïnse en Amerikaanse amptenare het Dinsdag die eerste dag van vredesamesprekings in Abu Dhabi afgesluit sonder om ‘n ooreenkoms te bereik. Die samesprekings sal vandag hervat word. Die onderhandelinge is die eerste direkte samesprekings tussen Moskou en Kiëf sedert Februarie. Geen deurbraak is aangekondig nie, met grondgebied wat die grootste struikelblok bly. Rusland wil beheer hê oor die hele Donbas-streek, terwyl Oekraïne weier om grond wat hy nog besit, te oorhandig. Washington dring ook aan op veiligheidswaarborge vir Oekraïne, maar Moskou is gekant teen direkte betrokkenheid deur Europese lande.