# Die Amerikaanse Departement van Justisie gaan met Ghislaine Maxwell, die medepligtige van die seksoortreder Jeffrey Epstein, vergader te midde van pogings deur die Trump-administrasie om ‘n debakel oor die hantering van die saak te verhoed. Maxwell, ‘n Britse sosiale vlinder, dien 20 jaar tronkstraf uit nadat sy skuldig bevind is aan sekshandel met minderjariges namens Epstein. Hy is in 2019 as verhoorafwagtende in ‘n tronk in New York dood. Amerika se adjunk-minister van Justisie, Todd Blanche, sê hy het met Maxwell se prokureurs geskakel en hoop om eersdaags met haar te vergader.
VSA Departement van Justisie gaan met Maxwell vergader oor Epstein-woede