# Die Amerikaanse Sentrale Bevel sê Iran se aanval op Koeweit gister was ‘n growwe skietstilstandskending. Iran se Islamitiese Rewolusionêre Wag het bevestig hy het ‘n Amerikaanse lugbasis in die streek geteiken. Dit is nadat die VSA Iranse hommeltuie oor die Straat van Hormoes afgeskiet en ‘n militêre terrein in Bandar Abbas aangeval het. Die Iranse ministerie van Buitelandse Sake het die Amerikaanse aanvalle veroordeel en gesê dit is ‘n skending van die skietstilstand. CENTCOM sê sy optrede teen Teheran is afgemete, suiwer verdedigend en bedoel om die skietstilstand te handhaaf.
VSA beskuldig Iran van ‘growwe skietstilstandskending’ na aanvalle in Koeweit