Skip to content

Vryheidsfront Plus wens nuutverkose DA-leier geluk

# Die Vryheidsfront Plus het Geordin Hill-Lewis gelukgewens met sy verkiesing as federale leier van die DA. Die party sê hy bly ten volle verbind tot samewerking met politieke partye wat Suid-Afrika wil verbeter. Die VF Plus se leier, Corné Mulder, sê dit sluit partye in wat bereid is om saam te werk om die uitgediende en mislukte ideologies‑gedrewe beleidsrigtings van die ANC, die MK‑party en die EFF aktief teen te staan, en is gewillig om koalisies te sluit wat hierdie groeperings eerder beperk, as om hulle te bevorder.