Skip to content

Vrou in Vrystaat gevonnis vir mediese fonds-bedrog

# Die Landdroshof in Bloemfontein het Mamello Kate Khabo ‘n opgeskorte vonnis van vier jaar tronkstraf opgelê vir mediese fonds-bedrog. Sy het die Mediese Fonds vir Staatsamptenare uit meer as 400-duisend-rand bedrieg toe sy haar siek dogter in die hospitaal laat opneem het onder haar ander kind se naam, omdat die skema daardie kind dek. Die siek dogter het later in die hospitaal gesterf en Khabo het die misdaad beken toe sy ‘n doodsertifikaat aangevra het. Sy is in November in hegtenis geneem.