Skip to content

Voormalige senior bestuurder van Nasionale Loterykommissie toegang verbied tot pensioenvoordele

# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het ʼn hofbevel verkry wat die voormalige senior bestuurder van die Nasionale Loterykommissie, Sanele Dlamini, toegang tot sy pensioenvoordele verbied. Dit is hangende ʼn siviele saak teen hom wat verband hou met die wantoedeling van ses-miljoen-rand van die kommissie se fondse. Die Ondersoekeenheid sê sy ondersoek het onthul dat ʼn sportkompleks wat loterykommissie-fondse ontvang het, nooit opgerig is nie en dokumente ter ondersteuning is vervals. Hy sê Dlamini het na bewering die onregmatige toekenning van fondse aan die Motheo Sports and Entertainment Foundation hanteer.