Skip to content

Voormalige poskantoorbestuurder beveel om meer as R140-duisend aan SASSA-begunstigdes terug te betaal

# ‘n Rolstoelgebonde voormalige takbestuurder van die Poskantoor in Shatale, Mpumalanga, Lucia Mashego, is beveel om meer as 146-duisend-rand van haar pensioen aan SASSA-begunstigdes terug te betaal nadat sy, ‘n teller en ‘n medepligtige saamgesweer het om van die geld te steel. Mashego het duplikaat-SASSA-kaarte gebruik om onregmatig 250-duisend-rand uit rekeninge te onttrek. Sy het skuldig gepleit op 60 aanklagte van bedrog en is ‘n opgeskorte vonnis van agt-jaar opgelê. Twee medebeskuldigdes sal môre in die hof verskyn.