# Die voormalige Noordwes-premier en anti-apartheidsaktivis Bushy Maape is op 68-jarige ouderdom oorlede. Sy familie het bevestig Maape is gister vreedsaam in Johannesburg na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was van 2021 tot 2024 die sewende premier van Noordwes. Gedurende sy ampstermyn het hy op dokters se advies oorsee gereis vir mediese behandeling, wat sterk teenkanting van ander politieke partye ontlok en die reise gekritiseer het. Besonderhede oor die herdenkingsdiens en begrafnis moet nog aangekondig word.
Voormalige Noordwes-premier Bushy Maape sterf op 68