# Die voormalige waarnemende hoof van Misdaadinligting, Generaal-majoor Mulangi Mphego, is in die Johannesburgse landdroshof borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan. Hy staan tereg op ‘n aanklag van die onwettige besit van meer as 100 rondtes ammunisie wat deur die polisie uitgereik is. Hy mag nie met getuies in verbinding tree nie, maar hoef nie by die polisie aan te meld nie. Die ammunisie is na bewering by sy huis in Centurion gevind, as deel van ‘n ondersoek na die moord op die senior polisiebeampte Sindile Mfazi. Die saak hervat op 3 November.
Voormalige Misdaadintelligensiehoof, Mulangi Mphego, op borgtog van R5 000 vrygelaat in ammunisiesaak