Skip to content

Voormalige Kubaanse leier Raúl Castro en vyf ander deur Amerika aangekla [KLANK]

# Die Amerikaanse regering het die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet. Castro, wat destyds minister van Verdediging was, het volgens berigte opdrag gegee vir die aanval waarin vier mense, insluitend drie Amerikaanse burgers, dood is. Die waarnemende prokureur-generaal, Todd Blanche, sê nasies en hul leiers kan nie Amerikaners teiken sonder om verantwoording te doen nie:

ENG BlancheOnCharges