# Die oudpresident van die Filippyne, Rodrigo Duterte, word aangehou nadat die Internasionale Strafhof ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het vir misdade teen die mensdom. ‘n Wrede veldtog teen dwelms is tydens die 79-jarige se ampstermyn gevoer waarin meer as ses-duisend mense dood is. Die Strafhof sê hy het jurisdiksie oor Filippynse misdade voor die land in 2019 as lid onttrek het. Die organisasie Human Rights Watch sê Duterte se inhegtenisneming is ‘n belangrike stap tot aanspreeklikheid vir die land.
Voormalige Filippynse president Rodrigo Duterte in hegtenis geneem met Strafhof-lasbrief